Goeie geleentheid om 'n veeplaas van 5,478 ha te besit, ideaal geleë naby die dorpe Koekenaap en Lutzville aan die pragtige Weskus. Hierdie eiendom bied nie net landboupotensiaal nie, maar ook 'n rustige leefstyl in 'n streek bekend vir sy natuurskoon en kalm atmosfeer.
Hoofkenmerke:
• Kampindeling en Water: Ses goed toegeruste kampe met betroubare waterbronne – ideaal vir veeboerdery.
• Veebestuur: Veekrale geskik vir die hantereing van skape
• Woonhuise: Twee persele is ingesluit – albei bied uitstekende moontlikhede vir opknapping en persoonlike aanpassing.
• Natuurlike Weiding: Ruim natuurlike weiding verseker gesonde voeding vir vee.
• Ligging: Naby gewilde vakansiebestemmings soos Brand se Baai, Strandfontein, en Doringbaai – perfek vir ontspanning en gemeenskapsbetrokkenheid.
• Leefstylwaarde: Geniet asemrowende uitsigte en 'n rustige leefstyl ver van die stad se gewoel.
Besigtigings:
Slegs op afspraak. Kontak ons vir meer inligting of om 'n besigtiging te reël.